Die Heilige Gees werk by die Karroo Hotel

deur Jacques Rabie

Dit was 'n oggend vroeg in die maand van Maart toe ek en Mark 'n besoek ontvang het van 'n man van 'n kerk. Ons was besig om ons swembad skoon te maak voordat ons die swembad vul met water.

 

Die man vra ons of hulle ons swembad kan gebruik om in te doop sodra ons die swembad vol gemaak het. Ek kyk vir Mark en hy vir my, ons was verbaas om so 'n versoek tekry, maar antwoord heel beleeft dat dit in die haak sal wees en dat ons bevoorreg voel om dit vir hulle kerk daar te stel.

 

So het die tyd verby gegaan en ons het daarvan vergeet. Die swembad is gevul en ons geniet die swembad aangesien dit so warm is hier op Steytlerville is, koel ons elke dag af in die swembad.

 

Vroeg in Desember gaan ons na “Die Winkel” om ons daaglikse brood te koop toe 'n man ons weer nader oor “die doop” ons is weereens baie beleeft en se dat dit in die haak is dat hulle veertien mense in ons swembad kan kom doop. Ons dorp Steytlerville het baie lank laas reen gehaat en die rivier het geen water nie, dus moet die doop plaas vind en ons het die groot-groot swembad vol water.

 

Die Sondag oggend het aangekom en die bakkies vol mense het geariveer en die mense het hulle tuis gemaak op die stoep van die Karroo Hotel waar hulle gewag het vir die volgende bakkie en die volgende , toe almal op die stoep vergaarder het, het 'n man met 'n swart broek , wit hemp en 'n swart das uit die bakkie geklim en vir die mense op die stoep gese dat hulle om die swembad moet vergaarder, wat hulle toe gedoen het. Tussen hulle was daar 'n maar mannetjie met 'n kitaar, die man met die swart broek , wit hemp en swart das se vir die skare dat hulle 'n paar kore gaan sing, wat hulle toe ook gedoen het, en is deur die maar mannetjie met die kitaar begely.

 

Intussen het Mark vir ons 'n pot tee gemaak wat ons baie rustig op die stoep sit en nuttig het, net soos elke dag van ons lewe. Ek se toe vir Mark: “Wie wil nou kerk toe gaan as die kerk na jou toe kom” ons het eers lekker daaroor gelag en toe trek die koor weg met 'n lied oor die heilige waters.

 

 Die een jong man vra toe vir my of ons 'n lang stok het, ek kyk verbaas na hom, hy se toe vir my dat hy Moses simboliseer met dit lang staf in die Jordaan rivier wat die mense doop om kinders van God te word.

 

Ek dink...... en dink .......... ek wil nou nie 'n vuil ou stok in die swembad he nie, “o” se ek vir die jong man, ek het iets soos 'n lang staf.

 

Ek hardloop toe na die swembad se pomp huis waar ek toe die lang blou metaal pyp uit haal wat ons gebruik om die blare uit die swembad uit skemp en haal gou die met af en gee dit toe vir die jong man wat toe in die swembad inklim met sy lang staf wat Moses voorstel. Die skare sing nog 'n paar kore en die jong man wat Moses voorstel se lippe is al blou van die koue water, maar hy staan in die water nes Moses.

 

Die man met die swart broek,wit hemp en swart das begin toe uit die bybel uit lees oor die doop , waarna hy vir elke persoon wat gedoop gaan word vra hoekom hulle gedoop moet word en of hulle 'n boodskap gekry het. Nadat elkeen sy of haar rede gegee het, het die man met die swart broek, wit hemp en swart das sy hande om hoog gegooi en gebid.

 

Hy bid om dankie te se vir die waters wat uit die leeu se bek kom waarin hulle die mense kan doop, dit was nege uur die oggend, soos elke oggend om nege uur gaan die swembad se pomp aan en aan die eenkant van die swembad is daar 'n leeu se kop waar die water uit sy bek in die swembad val.

 

Die skare staan verbaas en kyk na die leeu se bek en se : “Prys die Here , die Gees is hier” ek en Mark wat op die stoep sit en tee drink val amper van ons stoel af soos ons lag oor die heilige gees wat water uit die leeu se bek bring waarin die mense gedoop gaan word.

 

Die mense glo vas daaraan dat dit die werke is van die heilige gees was en nie die werke van die mens was die tyd op die “timer” daar gestel het nie.

Stoep Stories

Saturday Romantic Getaway Package

Available every Saturday night.  Package includes: Accommodation, Sundown Cocktail with Snacks, A delectable three course Candlelight Dinner,  Cabaret  Show - "The Steytlerville Follies", Cheese assortment, a Cape Ruby & Coffee, Sunday's Buffet Breakfast.

Pricing

R1 560.00 per couple in a Standard Room (Double Bed)

R1 680.00 per couple in a Standard Room (Twin Beds)

R1 860.00 per couple in a Superior Room (Queen Bed)

R1 980.00 per couple in a Superior Room (Twin Beds)

R1 080.00 Single Rate in a Standard Room

BOOK NOW